Een belangrijk document in de Zuid-Afrikaanse kerkgeschiedenis is de Belydenis van Belhar. De belijdenis werd geschreven in de tijd dat apartheid heerste in kerk en samenleving.
De toenmalige NG Sendingkerk (later gefuseerd met de NG Kerk in Afrika tot de Verenigende Kerk in Suider Afrika) aanvaardde de belijdenis als één van haar belijdenisgeschriften. De belijdenis vormt een obstakel waardoor met name delen van de blanke NG Kerk zich verhinderd voelen om toe te treden tot de Verenigende Kerk.
Hieronder volgt in het Afrikaans de tekst van de belijdenis.
Daaronder volgt in het Engels een tekst van ds. Daniel Kuys over de ontstaansgeschiedenis van de belijdenis.
Die Belydenis van Belhar 1986
1. Ons glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat deur sy Woord en Gees sy kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van die wêreld af tot die einde toe.
2. Ons glo aan een heilige algemene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, geroepe uit die ganse menslike geslag.
Ons glo dat die versoeningswerk van Christus sigbaar word in die kerk as geloofsgemeenskap van diegene wat met God en onderling met mekaar versoen is (Ef.2:11-22); dat die eenheid van die kerk van Jesus Christus daarom gawe én opdrag is; dat dit `n samebindende krag is deur die werking van Gods Gees maar terselfdertyd `n werklikheid is wat nagejaag en gesoek moet word en waartoe die volk van God voortdurend opgebou moet word (Ef.4:1-6);
dat hierdie eenheid sigbaar moet word sodat die wêreld kan glo; dat geskeidenheid, vyandskap en haat tussen mense en mensgroepe sonde is wat reeds deur Christus oorwin is en dat alles wat die eenheid mag bedreig, gevolglik geen plek in die kerk van Christus mag hê nie, maar bestry moet word (Joh.17:20;23);
dat hierdie eenheid van die volk van God op `n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons mekaar liefhet, gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen; daarin dat ons skuldig is om onsself tot nut en saligheid van mekaar gewillig en met vreugde te gee; daarin dat ons een geloof deel, een roeping het, een van siel en een van sin is, een God en Vader het, van een Gees deurdrenk is, van een brood eet en uit een beker drink, met een doop gedoop is, een Naam bely, aan een Heer gehoorsaam is, vir een saak ywer, een hoop met mekaar deel, saam die hoogte en breedte en diepte van die liefde van Christus leer ken; saam opgebou word tot die gestalte van Christus, tot die nuwe mensheid; saam mekaar se laste ken en dra en so die wet van Christus vervul, mekaar nodig het en mekaar opbou, mekaar vermaan en mekaar vertroos, saam met mekaar ly vir die geregtigheid, saam bid, saam diensbaar is aan God in hierdie wêreld, saam stry teen alles wat hierdie eenheid mag belemmer of bedreig(Ef.4:1-6, Ef.3:14-20, 1Kor10:16-17, 1Kor.11:17-34, Gal.6:2, 2Kor.1:3;4);
dat hierdie eenheid slegs in vryheid gestalte kan vind en nie onder dwang nie; dat die verskeidenheid van geestelike gawes, geleenthede, agtergronde, oortuigings, soos ook die verskeidenheid van taal en kultuur, vanweë die versoening in Christus geleenthede is tot wedersydse diens en verryking binne die een sigbare volk van God (Rom.12:3-8, 1Kor.12:1-11, Ef.4:7-13, Gal.3:27-28, Jak.2:1-13);
dat die ware geloof in Jesus Christus die enigste voorwaarde is vir lidmaatskap van hierdie kerk.
Daarom verwerp ons enige leer wat óf die natuurlike verskeidenheid óf die sondige geskeidenheid so verabsoluteer dat hierdie verabsolutering die sigbare en werksame eenheid van die kerk belemmer of verbreek of selfs lei tot aparte kerkformasie;
Wat voorgee dat hierdie geestelike eenheid werklik bewaar word deur die band van die vrede wanneer gelowiges met dieselfde belydenis van mekaar vervreem word ter wille van die verskeidenheid en vanweë die onversoendheid;
Wat ontken dat `n weiering om hierdie sigbare eenheid as `n kosbare gawe na te jaag sonde is;
Wat uitgesproke of onuitgesproke, voorgee dat afkoms of enige ander menslike of sosiale faktore medebepalend is vir lidmaatskap van die kerk.
3. Ons glo dat God aan sy kerk die boodskap van versoening in en deur Jesus Christus toevertrou het; dat die kerk geroep is om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees; dat die kerk salig genoem geword omdat hulle vredemakers is; dat die kerk deur woord en daad getuies is van die nuwe hemel en die nuwe aarde waarop geregtigheid woon (2Kor.5:17-21, Matt.5:13-16, Matt.5:9, 2Pet.3:13, Open.21:22);
dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees die magte van die sonde en dood, en daarom ook van onversoendheid en haat, bitterheid en vyandskap, oorwin het; dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees sy volk in staat stel om te leef in `n nuwe gehoorsaamheid wat ook in die samelewing en wêreld nuwe lewensmoontlikhede kan bring (Efes.4:17-6:23, Rom.6, Kol.1:9-14, Kol.2:13-19, Kol.3:1-4:6);
dat hierdie boodskap ongeloofwaardig gemaak word en dat die heilsame uitwerking daarvan in die weg gestaan word indien dit verkondig word in `n land wat op Christelikheid aanspraak maak, maar waarin die gedwonge skeiding van mense op rassegrondslag onderlinge vervreemding, haat en vyandskap bevorder en bestendig;
dat enige leer wat sodanige gedwonge skeiding vanuit die evangelie wil legitimeer en dit nie wil waag op die pad van gehoorsaamheid en versoening nie, maar uit vooroordeel, vrees, selfsug en ongeloof die versoenende krag van die evangelie by voorbaat verloën, ideologie en dwaalleer is.
Daarom verwerp ons enige leer wat in die naam van die evangelie of die wil van God die gedwonge skeiding van mense op grond van ras en kleur in so `n situasie sanksioneer en daardeur die bediening en belewing van die die versoening in Christus by voorbaat belemmer en van krag beroof.
4. Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in `n wêreld vol onreg en vyandskap op `n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die verontregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin te volg; dat Hy aan verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy die wat bedruk is ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper; dat vir Hóm reine en onbesmette godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; dat Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek (Deut 32:4, Luk.2:14, Joh.14:27, Efes.2:14, Jes.1:16-17, Jak.1:27, Jak.5:1-6, Luk.1:46-55, Luk.6:20-26, Luk.7:22, Luk.16:19-31);
dat die kerk daarom mense in enige vorm van nood moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en sal stry teen enige vorm van ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos `n standhoudende stroom (Ps.146, Luk.4:16-19, Rom.6:13-18, Amos 5);
dat die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy staan, naamlik teen die ongeregtgheid en by die verontregtes; dat die kerk as volgelinge van Christus moet getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hulle eie belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel.
Daarom verwerp ons enige ideologie wat vorme van verontregting legitimeer en enige leer wat nie bereid is om vanuit die evangelie so `n ideologie te weerstaan nie.
5. Ons glo dat die kerk geroep word om dit alles te bely en te doen, in gehoorsaamheid aan Jesus Christus, sy enigste Hoof, al sou ook die owerhede en verordeninge van mense daarteen wees en al sou straf en lyding daaraan verbonde wees.
Jesus is die Heer.
Aan dié enige God, Vader Seun en Heilige Gees, kom toe eer en heerlikheid in ewigheid.
Dutch reformed Church and apartheid theology (1829)
The Confession of Belhar has as background the racial, racist, segregationist and apartheid history and theology in South Africa. The common point of reference in all of this, within the framework of Church history, is the Dutch Reformed Church (DRC). The separation on the basis of race goes as far back as 1829. The Presbytery of Cape Town of the DRC met on 29 April 1829 to deal with an enquiry of the Somerset West congregation with regard to the administering of Holy Communion to what they called ‘ persons of ‘colour’. The question to be consider was, whether ‘persons of ‘colour’, who were confirmed and baptized, should be allowed , together with ‘born again christians’ ( white people), to take the Lord’s Supper or whether these people should take the Holy Communion separately.
1857
At the 1857 Synod of the DRC this question of segregation or not, was dealt with and paved the way for church separation and racism in practice. The Synod of 1857 spoke with a double tongue and that indicate clearly that they could not take a clear stand on issues of Biblical principle. They said YES this and Yes the other. Their inability to take a qualified stand on the issue, paved the way for church and societal apartheid . The decision of the DRC Synod reads as follows. ‘The Synod considers it desirable and according to the Holy Scripture that our heathen members (non-whites) be accepted and initiated into our congregations wherever it is possible; but where this measure , as result of the weakness of some, would stand in the way of promoting the work of
Christ among the heathen people, then congregations set up among the heathen, or still to be set up, should enjoy their Christian privileges in a separate building or institution’.
This decision paved the way for the ‘final solution’ for this heathen problem, with the establishing of the first racially separated church in 1881, called the Dutch Reformed Mission Church for ‘couloured’ people(DRMC-Sendingkerk).
After this the DRC would established racially separated churches for Black people, which was called Dutch Reformed Church in Africa (DRCA) and for Indian people, called the Reformed Church in Africa (RCA).
That this theology of apartheid became entrenched in the DRC, became clear when ‘Kerkbode’ official Newspaper of the DRC, wrote in its editorial in September 1948, after the National Party came to power on an apartheid policy platform, ‘Apartheid is a Church policy’. This policy meant in South Africa, white supremacy and all the other races were inferior and they were dealt with in an inferior manner. The result was the oppression of the non- white people of South Africa and the privilege position of white people. Church ( DRC) and state were inextricably linked in an unholy union. The state received moral and theological backing for its unjust and apartheid policies from the DRC.
World alliance of reformed churche’s (WARC) responseE (August 1982)
After decades of struggle from the side of the Black Reformed Churches to rectify the situation, the issue of racial theology and practice in South Africa was taken to the meeting of the World Alliance of Reformed Church’s (WARC – August 1982) General Assembly in Ottowa, Canada , because the DRC, DRMC, DRCA and the RCA, were members of WARC. Dr. Allan Boesak of the then DRMC, was asked the WARC to deliver a speech on the situation in South Africa. In a speech titled , ‘ He made us all but, .. Dr. Boesak agued his case against racism and apartheid. He pointed out that the WARC had a responsibility towards it member churches in South Africa, who suffered under the apartheid theology and policy. Boesak put the DRC and other white Reformed Churches in the middle of this debate, he said, ‘ As far as the white member churches are concerned, they have direct responsibility and the power to change the situation fundamentally if they want to. They should be addressed in terms of that responsibility and in terms of the historical development of apartheid as it has been directed by the Churches. The WARC should accept the challenge to address the meaning of an apartheid that has been under girded by the Gospel and presented as commensurate with the Reformed tradition.
In its response the WARC said that:’ the white Afrikaans Reformed Churches through the years have worked out in considerable detail both the policy itself and the theological and moral justification for the system. Apartheid is therefore, a pseudo-religious ideology as well as a political policy. It depends on a large extend on this moral and theological justification. The division of the Reformed Churches in South Africa on the basis of race and colour is being defended as a faithful interpretation of the will of God and of Reformed understanding of the Church in the world’.
The WARC declared that the situation in South Africa constituted a status confessionis- which means that the WARC regard this issue on which it is impossible to differ without seriously jeopardizing the integrity of our common confession as Reformed Churches.
On the basis of this situation the WARC made the following declaration. ‘We declare with the black Reformed Christians of South Africa that apartheid (separate development) is a sin, and that the moral and theological justification of it is a travesty of the Gospel and, in its persistent disobedience to the Word of God, a theological heresy’.
The DRMC at its Synod later that year followed in the footsteps of the WARC and declared a status confessionis. The Church realized that in a situation like this you have to confess anew to the truths of the Bible in the light of the pseudo gospel. The DRMC decided to draw up a Confession in order to do that. It was a confession in concept form, which was distributed to the whole church for comment and was to be finalized at the next Synod in 1986. At the 1986 Synod of the DRMC the Confession was accepted and called the Belhar Confession 1986. The name Belhar in the Confession refers to the Suburb of Belhar ( in the Cape) where the Synod met.
This Confession was also adopted by the DRCA. When the DRMC and the DRCA unified in 1994, forming a new church, nl. the Uniting Reformed Church in Southern Africa (URCSA) confession became part of the confessional basis of URCSA. During the DRMC” Synod in 1990, a monument was erected and dedicated to the occasion of the acceptance of the Belhar Confession by the then Moderamen.
Re-dedication of Belhar monument
On September 30, 2006, the Belhar monument was re-dedicated by the moderator of URCSA’S General Synod, Prof. S. Thias Kgatla.
The Belhar Monument is one of the most visible and important historical sites of the Uniting Reformed Church in Southern Africa. On September 30, 2006, the Church Council of the Congregation of S.A. Gestig ( the oldest congregation in URCSA) on whose property the monument is build, transferred the site symbolically to the General Synod, to be taken care of by the relevant General Synodical Ministry of Comunication, Publications and Archives.
(Rev. Daniel Kuys)
Sources:
- Apartheid is a heresy: Edotors: John de Gruchy and Charles
- Villa-Vicencio
- Acts of Synods: DRMC – 1982, 1986
- Acts of Synod: URCSA Unification Synod 1994
- Newpaper clippings: 1982 etc.