Die geboorte van die Stigting Zebra het alles te make met die kosbare ervaring om blootgestel te word aan een radikaal verskillende konteks met die luukse van gesprekgenote wat iets van een kulturele, historiese en teologiese erfenis verstaan.
En hoe verskillend is die kontekste nie tussen Suid-Afrika en Nederland nie. Klein, groot, waterryk en waterarm, sekuler en Christendom, mono-talig en meer-talig, oorwegend Europees en Afrika. En tog tussen dit alles loop die dun lyn van die geskiedenis wat begrip moontlik maak.
Ja seker is dit nodig dat daar aan alle kante fyn geluister sal word, steriotipes afgebreek word, kontekste nie vanuit eie konteks verstaan behoort te word nie. In die proses het ons geleer ontstaan kostbare vriendskappe maar miskien belangriker: 19n verassend nuwe begrip vir eie konteks.
Ons is oor jare verryk deur die dialoog oor die verskille en ooreenkomste van ons verskillende kontekste, kulture en werksopdragte.
Nederland en Suid-Afrika was nog altyd komplementerend tot mekaar.
Die verryking het toegeneem toe ons bereid was om deur middel van de-centering na onsself te kyk vanuit die perpspektief van die ander.
Uit die aard van die saak bring dit die potensiaal van spanning en konflik, veral innerlik, maar ons het geleer dat dit die proses van verryking en nuwe insigte bevorder.
Ons moes leer om onbevooroordeeld en blaamloos na mekaar te luister.
In Zebra is niemand die ekspert bo die ander nie, ons is almal kulturele leerders as ons oor die grens stap na mekaar.
Dit is uit hierdie houding en ervaring wat Stigting Zebra gebore is.
Dr. Frederick Marais, Communitas, Netwerk vir gemeentebediening,
Stellenbosch, Suid-Afrika